Fokus op bewaringslandbou

Benut die natuur se gratis dienste

[[Hierdie artikel is gepubliseer deur SAGrainMag en verskyn volledig op hulle webblad. Volg die skakel om die artikel te lees: https://sagrainmag.co.za/2021/02/04/benut-die-natuur-se-gratis-dienste/]]

Hierdie is die eerste van twee artikels waarin Dreyer en Dreyer Bdy Bk se reis van ’n konvensionele gemengde boerdery na ’n bewarings­landboustelsel vanuit hul eie perspektief beskryf word.

Die boerdery is ’n gemengde boer­dery in die Vrede-distrik in die Noordoos-Vrystaat, wat bestaan uit akkerbougrond (20%) en natuurlike veld (80%), tipies van dié Hoëveldstreek. Diversifikasie word bevorder deur ’n braaikuiken­vertakking, wat nie verder in hierdie artikel bespreek sal word nie.

Ervarings in die reis
Tien jaar gelede het ons begin met geenbewerking op die bestaande wisselboustelsel, wat bestaan het uit mielies (50%) en sojabone (50%). Daarna is begin om winterdekgewasse (WD) ná sojabone te plant om sodoende reënval meer doeltreffend te benut en die grond beter te bedek (Foto 1). Op sowat 10% van die grond het ons ook begin eksperimenteer met somerdekgewasse (SD). Ons moes deurentyd aanpassings maak soos wat ons ondervinding en kennis verbreed het.

Na ’n besoek aan dr Dwayne Beck van die Dakota Lakes-proefplaas in Noord-Dakota, VSA, het ons besef dat te veel peulplante in ’n wisselboustelsel koolstof in die grond kan afbreek. Daar het ons ook die positiewe impak van dekgewasse – veral SD – op grondvrugbaarheid gesien. Ons wou graag meer SD plant, maar was bekommerd oor die verlies aan inkomste weens die vermindering in oppervlakte waarop kontantgewasse verbou word.

Lees verder op SAGrainMag.

Só integreer ons vee in ’n bewaringstelsel

[[Hierdie artikel is gepubliseer deur SAGrainMag en verskyn volledig op hulle webblad. Volg die skakel om die artikel te lees: https://sagrainmag.co.za/2021/02/04/benut-die-natuur-se-gratis-dienste/]]

Hierdie is die tweede artikel waarin Dreyer en Dreyer Bdy Bk se reis van ’n konvensionele, gemengde boerdery na ’n bewaringslandboustelsel vanuit hul eie perspektief beskryf word.

Die boerdery is ’n gemengde boer­dery in die Vrede-distrik in die Noordoos-Vrystaat, wat bestaan uit akkerbougrond (20%) en natuurlike veld (80%), tipies van dié Hoëveldstreek. Diversifikasie word be­vorder deur ’n braaikuikenvertakking, hoewel dit nie verder in hierdie artikel bespreek sal word nie.

Integrasie van vee
Ons skaapraskeuse in die boerdery is die dubbeldoel SA Vleismerino. Bestuur word vergemaklik deur twee ooikuddes wat elk apart bestuur word. Ooie word jaarliks gepaar in twee groepe, met onderskeidelik ’n herfs- en lentelamseisoen. Vervangingsooitjies word op eenjarige ouderdom afsonderlik gepaar en hul lamseisoen volg sodra die groot ooie klaar gelam het. Dit bring mee dat ramme volwasse ooie en
ver­vangingsooie na mekaar dek. Dit verminder kompetisie tussen ooie en die ramme word meer effektief benut. Daar word gepoog om ooie net vir 35 dae by die ramme te hou. Vrouehelpers gedurende die lamperiode kan dan hulle volle aandag aan die jong ooie skenk (Foto 1).

Herfslamseisoen
Ooie word in November/Desember op die veld gedek. Ses weke voor die aanvang van die lamseisoen word hulle na die dekgewasse geskuif en bly daar tot en met speen op 100 dae wanneer die lammers gemiddeld 35 kg weeg. Ooie word van die lammers geskei en gaan na die veld of beskikbare oesreste. Lammers bly so lank as moontlik op die dekgewasse en word as vrylopend (free range) bemark op 45 kg tot 50 kg. Kruipvoer voor speen en afrondkorrels na speen word ad lib aan lammers voorsien (Foto 2).

Lees verder op SAGrainMag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *